Hennie Smit sit met 'n verband op sy kop terwyl bloed af sy bors drup.
Hennie Smit na die aanval. Credit: Verskaf

HUMANSDORP – ‘n Bejaarde inwoner, Hennie Smit (64), is die afgelope naweek ernstig beseer nadat hy deur 6 mans met pangas by die stoorplek by die dorp se skougronde aangeval is.

Smit het na die stoorplek gegaan om ondersoek in te stel nadat die stoor se alarm afgegaan het.

Die aanvallers het hom met kapmesse toegetakel en hom van sy selfoon en sy beursie beroof.

Volgens ‘n vriend van Smit, Jan Bezuidenhout, het ‘n erg bloeiende Smit daarin geslaag om tot by sy huis te kom.

Die ambulansdienste se noodpersoneel het hom tydelik behandel en toe na die Humansdorp Hospitaal geneem.

Hier moes verskeie diep wonde met steke geheg word, voordat hy per ambulans na Gqeberha geneem is vir ‘n skandering.

Smit is baie dankbaar dat hy nie meer ernstige wonde opgedoen het nie. Hy het mense gewaarsku om nie alleen na die stoorplek of enige plek waar alarms afgaan, te gaan nie.

You need to be Logged In to leave a comment.