Despatch het vyf en Kariega twee verteenwoordigers in die Mandelabaai-bofbalspan wat van 8 tot 13 April aan die interprovinsiale toernooi in die Kaap deelneem.
Die Despatchers in die span is Damian le Roux, Jordan Leppan en Derono Potgieter van die Red Sox-span, terwyl Daniël Coetzer (hoofafrigter) en Louis van Heerden (spanbestuurders) ook van Despatch is. Kariega se gekose spelers is Byron Chamberlain en Renco Chamberlain van Pirates. Potgieter en Le Roux maak hulle debuut vir die span.

Die derde debutant is Robert Ackerman, wat vanaf KwaZulu-Natal ingevoer is om die span te versterk. Le Roux en Potgieter is nou reeds geruime tyd skitterend op dreef en dit was net ’n kwessie van tyd voordat voordat hulle die span sou haal. Hulle kan met puik vertonings teen die land se bestes in die Kaap hul plekke in die span vasmessel.
Die keuse van Le Roux en Potgieter beteken dat Despatch ses in die toerspan het, want Jordan Leppan (Red Sox) en Byron Chamberlain en Renco Chamberlain is albei van die Pirates-klub. Dan is Daniël Coetzer van Despatch boonop die hoofafrigter van die span. Pirates is ’n Uitenhage-span, maar oefen en speel al ’n paar haar op Despatch omdat daar nie geriewe in Kariega is nie.
Dan is Daniël Coetzer van Despatch boonop die hoofafrigter van die span. Die Oos-Kapenaars maak gereed vir ’n groot aanslag op die nasionale titel – iets wat hulle nog al die jare ontwyk het. Die span se derde plek verlede jaar is sy beste tot dusver.
Vince Deysel, ook voorheen van KwaZulu-Natal, kan die span se aanslag lei. Hy is ’n ervare Protea-speler wat aan sy vierde interprovinsiale toernooi gaan deelneem. Hy hy verlede maand nog deel van die SA senior span wat in die World Classic qualifier gespeel het.
Ackerman sê sê hy is uiters opgewonde om deel van die afrigter Daniël Coetzer se span te wees en hy sien daarna uit om deel te wees van die Mandelabaai-span wat glo hy kan vir ’n groot opskudding sorg. Hy speel bofbal vanda thy ses jaar oud was en het in sy loopbaan onder meer vir die SA o.16- en o.18-span gespeel.
Hy is daarna gekies om Suid-Afrika by die o.23 Wêreldbeker-toernooi in Colombië te verteeenwoordig, maar moes hom weens ’n besering onttrek. Hy het ook vier jaar lank in Engeland ondervinding opgedoen.
Coetzer sê die geesdrif tydens die spanoefeninge was opvallend en voel baie positief dat sy span die finaal sal haal. “Die manne het bitter hard geoefen en almal weet dat iets groot vir ons as span wink. “In ’n finaal kan enige iets gebeur,” sê hy.
Die span is: Jason Humphreys (leenspeler), Vince Deysel (leenspeler), Damian le Roux (Red Sox), Jordan Leppan (Red Sox), Dylan O’Brian (leenspeler), Robert Ackerman (leenspeler), Jono Viljoen (PE Tigers), Gary Bailey (PE Tigers), Chad Quantoi (leenspeler), Aiden Bartes (PE Tigers), Mpho Linganiso (PE TIgers), Byron Chamberlain (Pirates), Conner Stopforth (PE Tigers), Renco Chamberlain (Pirates) en Derono Potgieter (Red Sox). Hoofafrigter: Daniël Coetzer. Hulpafrigter: Hennie Stander. Spanbesturuder: Louis van Heerden.