Rina de Villiers en haar tweelingsuster, Rita van der Westhuizen, wat vyf minute ouer is, het op Maandag, 15 Maart soos in hul jonger dae eenders aangetrek vir die viering van hul 90ste verjaardag.
Die susters, boorlinge van Cradock en deesdae inwoners van Huis Louisa Meyburgh-aftreeoord in Gqeberha, het hul verjaardag gevier met ’n spesiale verjaardagete en musiekvertoning – wat ingevolge die tehuis se inperkingsregulasies – buite die gebou deur ’n groot venster die susters en ander inwoners vermaak het.